Ons wil sien dat elke persoon en familie gekonnekteer sal wees aan die Liggaam van Christus, en dat hulle versorg word. Ons visie is om elkeen te konnekteer in ‘n Konnekt Groep. Daar is ‘n Konnekt Groep in die Deo Familie waaraan jy kan kan behoort!

Ons het al die krag en impak beleef, wat effektiewe Konnekt Groepe het op individue, families en die gemeenskap. Ons droom is om Newcastle te deurdrenk met effektiewe en holistiese Konnekt Groepe, sodat ons gemeenskap en stad ‘n beter plek kan wees vir almal!

Neem gerus die vrymoedigheid en kontak die Kerk Kantoor, om jou te help om so gou as moontlik by ‘n Konnekt Groep in ons Gemeente kan inskakel.

Kontak Ons