Ons visie vir Deo Victoria is 100 Konnekt Groepe in Newcastle. Ja, jy het reg gehoor! Die Kerk funksioneer op sy beste wanneer ons begin “KERK WEES”, en ‘n effektiewe Kerk is een wat tussen die mense van die stad beweeg. Die krag van effektiewe Konnekt Groepe is enorm!

Dit is regtig nie moeilik om ‘n Konnekt Groep te fasiliteer nie. Ons gebruik die term “Fasiliteer” omdat dit is wat ons van ons Konnekt Groep Fasiliteerders verwag. Ons is gedurig besig om aan ons model vir Konnekt Groepe te werk, om dit makliker te maak vir mense om Konnektgroepe te begin. Ons lei ons Fasiliteerders op, en ons gee vir hulle ook pakette met DVD lesse wat vir die Konnekt Groepe ontwikkel is. Die Groepleier fasiliteer die byeenkoms, en sodoende groei die Fasiliteerder saam met die groep.

Ons vra jou om dit asseblief te oorweeg om die opleiding te doen om ‘n Konnekt Groep Fasiliteerder te kan wees, en sodoende saam die droom van 100 Konnekt Groepe in ons Stad te plant.

Kontak gerus die Kantoor vir meer inligting hieroor.

Kontak Ons