By Deo Victoria heg ons groot waarde aan ons Konnekt Groep Fasiliteerders. Ons het ‘n spesiale opleidingsprogram vir ons Fasiliteerders, waartydens ons hulle toerus en bemagtig sodat hulle hul Konnekt Groepe met selfvertroue en uitnemendheid kan fasiliteer. Ons het twee keer per jaar Konnekt Groep Opleiding, waar ons die Fasiliteerders op ‘n naweek toerusting vat, en hulle persoonlik toerus en bedien. Ons hou daarvan om mense te bemagtig!

Ons verstaan ook die lewenstempo in die hedendaagse lewe, en daarom voorsien ons die Fasiliteerders met Konnekt Groep Pakkette om die fasilitering vir hul makliker te maak.

Bid asseblief daaroor en oorweeg dit om ‘n Konnekt Groep Fasiliteerder by die Deo Victoria Familie te word. Indien jy belangstel, kan jy die kantoor kontak vir verdere inligting.