Een van ons primêre waardes is om altyd vriendelik en beleefd te wees, sodat mense tuis voel by die Deo familie. Ons glo elke persoon behoort welkom te voel by ons.

Deur te dien by een van ons Gasvryheids bedieninge, maak mense ‘n baie groot verskil in die lewens van ander mense. ons bied vir jou geleentheid om te dien in die Liggaam van Christus deur te help as ‘n groeter in een van die portale, te help in die koffiewinkel, mense te begelei na sitplekke, of by die ontvangstoonbank te help.

Kontak net die Kantoor, en ons vriendelike personeel sal vir jou meer inligting kan gee.

Kontak Ons