Ons leef in die era van Audio en Visuele Tegnologie, media en grafika. Dit het ontwikkel tot ‘n baie kragtige medium van kommunikasie in die hele wêreld, en ons verstaan dat die Kerk ‘n groot impak kan maak in die wêreld deur media aan te wend om die Goeie Nuus van die Evangelie te versprei.

By Deo Victoria is ons gedurig besig om hierdie medium te ontwikkel, sodat ons ‘n groter impak kan maak, en meer mense kan bereik. Jy moet dit oorweeg om die Liggaam van Jesus vrywillig te dien deur te help met klank, video, IT hardeware, fotografie, opnames, redigering, advertensies, web en grafiese ontwerp.

Kontak asseblief vir John Hopkins, indien jy belangstel om te help.

Kontak Ons