Mense is baie keer onder die indruk dat hulle hoogs kundig moet wees om te kan dien in die Liggaam van Christus. Hierdie is ‘n groot mite, want die Grootste Leier wat nog ooit geleef het, was Jesus Christus self. Jesus was in sy hele wese ‘n DIENSKNEG. Hy het selfs sy dissipels gedien op verskillende maniere, en net so moet elke gelowige ook kan dien.

Jy het nie vaardighede nodig om vir die Here iets te kan doen nie, daarom is dit moontlik vir almal te dien by die Deo Victoria Familie. Jy kan ‘n assistent wees wees by Deo Kidz, die Koffiewinkel, spesiale byeenkomste, begrafnisse, nagmaal, Sondag byeenkomste en nog meer. Of jy kan net hande met ons vat en gereeld saam met ons bid.

Kontak gerus die Bedieningsdirekteur van die bediening waar jy belangstel om te dien.

Kontak Ons