group

Daar is min mense wat die pynlike en stresvolle ervarings wat deur ‘n egskeiding veroorsaak word, kan begryp. Dit is ‘n verwarrende tyd waar mense die isolasie en eensaamheid van hierdie skielike verandering voel. Dit is ‘n fase waar mense intensiewe bystand en leiding nodig het, en Deo Victoria wil help om dit vir mense makliker te maak.

DivorceCare groepe kom weekliks bymekaar om jou te help met die uitdagings om jou lewe te herbou. Elke sessie het twee kenmerke:

‘n Seminaar met Deskundiges
Tydens die eerste 30-40 minute van die byeenkoms, kyk die groep na ‘n video seminaar waartydens deskundiges aanbiedings doen oor egskeiding en herstel. Hierdie videos sluit ook onderhoude en gevallestudies in.

‘n Gefokusde Ondersteuninsgroep
Nadat die groep na die DVD gekyk het, spandeer die mense tyd om die onderwerp wat aangebied was te bespreek.

Kontak Ons indien jy in so groep sou belangstel