NM-1
By Deo Victoria is dit vir ons aangenaam om ons nuwe besoekers en lidmate welkom en tuis te laat voel, veral op Sondae tydens ons byeenkomste. Ons vriendelike helpers in die portale en by die ontvangs toonbank staan gereed om jou op enige manier by te staan.

Dit sal vir ons ‘n voorreg wees, indien jy deel word van die Deo Victoria Familie. Die eerste ding wat jy moet doen, is om ons te vertel van jouself. Jy kan dit doen deur die kaartjie te voltooi wat jy agter aan ons inligtingsboekie sal vind, of kry ‘n lidmaatskap vorm by die ontvangs toonbank in die hoof portaal en handig dit sommer daar is.

Ons vriendelike sekretaresse sal jou kontak met inligting oor die eerste stappe wat jy moet neem om deel van die Familie te kan word. Jy sal ook genooi word na ons Nuwe Lidmaat Sessies wat kwartaaliks aangebied word.

Die goue reel vir enige iemand wat by ‘n nuwe Gemeente wil aansluit, is om die Gemeente te omhels! Daarom beveel ons aan dat jy so gou as moontlik by ‘n een van ons bedieninge inskakel, waar jy dadelik kan begin om die Ligaam van Christus te dien.

Kontak Ons