By Deo Kerk verstaan ons hoe belangrik dit is dat ‘n Kerk jong mense met passie en ywer het. Jongmense is nie die Kerk van môre nie, maar die Kerk van vandag. Elke ouderdomsgroep is vir ons ewe belangrik, maar dit gee ons baie bevrediging om ‘n Kerk vol jongmense te sien. Ons laat jongmense toe om hulself uit te druk met hul Godgegewe gawes en talente, sodat hulle ‘n seën vir die Kerk en die gemeenskap kan wees.