Deur Sy genade, het God vir die Deo Victoria Familie wonderlike geleenthede gegee om Internasionaal betrokke te wees by evangelisasie. Ons het baie sterk vennote regoor Suid-Afrika, wat bekend staan as ware pioniers in Internasionale Evangeliesasie. Ons glo in vennootskappe met ander Kerke, Besighede en Individue vir die saak van die GROOT OPDRAG. Dit het baie sterk bedieninge voortgebring in plekke soos Indië, Sjina, Kalmykia en Afrika.

Huidiglik ondersteun ons die volgende projekte: Good Tidings India, Gateway to China, Gateway to Kalmykia, Hands on Africa, Evangelies Plattelandse Sending, Sending Sonder Grense and 4 Front Ministries.

Ons ondersteun ook sendelinge in Suid-Afrika, Mosambiek, Indië, Sjina, Rusland, Isreal, Oekraïne, Frankryk en die VSA. Hieronder is ‘n interaktiewe kaart van plekke in die wêreld waar ons sendelinge gebaseer is.

 

Should you wish to donate to Deo Missions, please download and complete this form: Deo Missions Debietorder

Completed forms can be emailed to missions@deo.co.za.