Ons Wêreld Evangeliesasie Bediening, bestaan alreeds vir 15 jaar. Ons gaan regoor die wêreld omrede ons verstaan dat die GROOT OPDRAG ‘n wêreldwye opdrag is, wat deur God aan die Kerk gegee is.

Toe Jesus die belofte van die Heilige Gees vir die Kerk gegee het in Handelinge 1:8, het Hy gesê dat die Kerk getuies sal wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die eindes van die aarde. Ons hou daarvan om dit te doen waarvoor God ons geroep het, en daarom reik ons uit na ons eie stad, nasie, kontinent en ook tot aan die eindes van die aarde.

Almal in die Deo Victoria Familie kan deel wees van die Groot Opdrag deur te bid vir die nasies, te gee, iemand te stuur en self ook te gaan. Pastoor Stian Botha is die Direkteur van Wêreld Evangeliesasie, en jy kan hom kontak indien jy op enige manier betrokke wil raak.

Ons het ‘n toegewyde bankrekening vir die Groot Opdrag
OASE, Rekening nommer 4050497740
ABSA Bank