Nuus uit Varanasi

posted in: Global Projects, India | 0

“15 Jaar gelede het ek en Rahul grootoog en onseker hier in Varanasi aangekom. Ek was op daardie stadium reeds 3 jaar in die suide van Indie, maar niks kan jou voorberei op hierdie stad nie. Die feit dat dit die mees heiligste stad is vir ‘n geloof waarin meer as 300 miljoen afgode aanbid kan word, spreek vanself. Die geestelike duisternis was, en is tasbaar! Die geestelike donkerte is ook so duidelik in die fisiese sigbaar… Ons stad is vuil, chaoties en korrup!  Met mense oral wat in hartverskeurende armoede leef, fisies en geestelik! Maar ons weet dit is die plek wat God vir ons in gedagte gehad het toe Hy Jeremia 29:11 oor ons uitgespreek het… “Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

Rahul en Lorette deel dat hul jaar afgeskop het met besoekers uit alle oorde en dat elke besoek goeie beplanning, tyd en energie vra, maar dat hul ongelooflik geseënd was. Die nuwe skooljaar het sopas begin en hul Sorgsentrum-kinders is meestal die enigste in hulle gesinne wat geletterd is – dit is ‘n reuse mylpaal in hulle wêreld! Die personeel by die Sorgsentrum gee ook basiese onderrig aan die outjies daar. Die groter meisies werk in die Naaldwerkeenheid wanneer daar bestellings is. Die “The Turning Point”  Wassery en Droogskoonmakers is geseënd. Rahul loof die Here vir elke goeie maand.

Leave a Reply